Merkel wen!

Den Haag – Dr. Angela Merkel, Bondskanselier van Duitsland, het het ’n klinkende oorwinning behaal en sal Duitsland lei vir ’n derde termyn.

Die eerste waarneming is gedoen kort nadat die stembusse gesluit het, en kon die vertolking gedoen word.

Volgens die eerste uitslae bekend, dui dit daarop dat dr. Merkel se party, die Christen-Demokratiese Unie, tesame met die Christen-Sosiale Unie sowat 42% van die stemme getrek het, wat ’n toename van 7% is teenoor die vorige verkiesing in 2009.

Dit is opvallend dat die kleiner partye soos die Linkses en die Groenes aansielike steun verloor het.

Tradisioneel is dié twee partye wat in koalisie gaan om die land te regeer, nie juis vriende nie, maar dr. Merkel is bekend daarvoor dat sy die vermoë het om ooreenkomste te sluit soos wat sy reeds sedert 2005 met die Christen-Sosiale Unie ooreen gekom het.

Dr. Merkel se steun is sodanig, dat sy selfs met die Groenes in ’n koalisie kan regeer, alhoewel die moontlikheid baie skraal is.

Die Christen-Sosiale Party is bewus hiervan, en sal eerder Merkel se aanbod aanvaar, wat dit ook al mag wees, en daarmee deel van die regerende struktuur bly.

’n Nuwe wending is ook ondervind met die uitslag dat die sogenaamde Alternatief vir Duitsland volgens die eerste waarnemings, aan die 5%-drumpel begin raak, wat hulle ingevolge die Grondwet, sitting sal geen in die regering. Hulle word tans beraam op ’n steun van 4,92%.