Merkel wen TV debat gemaklik

Die Duitse Bondskanselier, dr. Angela Merkel, van die Christen-Demokrate, het die vloer gevryf met haar teenstander in ’n TV debat toe sy Peer Steinbrück, die Sosiaal-Demokrate se leier, behoorlik geantwoord het op al sy stellings en vrae.

Alhoewel sy ondersteuners van mening is dat die debat gelykop verloop het, is dit nie genoeg vir Steinbrück en dié party nie. Hy moes minstens ’n 80% oorwinning behaal het om sy party se aansien te verbeter, want peilings wys dat hy hoogstens 23% steun sal kry by die stembus, teenoor dr. Merkel se 43%.

Steinbrück het ’n sterk poging aangewend, maar hy kon te midde van skerpsinnigheid, nie die oorwinning behaal waarvoor hy gehoop het nie.

Dr. Merkel het kalm, maar met ’n vasbeslotenheid, die debat gevoer, soos wat dit van ’n groot staatsleier verwag kan word.