Man skiet sy ma

Jaco Strydom (27) het na bewering Martie, sy eie ma, in die gesig geskiet, maar haar eers met ’n mes aangehou wat hy teen haar keel gehou het.

Strydom het in East Lynne, Pretoria by sy ouers besoek gebring toe die voorval plaasgevind het.

Kort na die voorval, het hy gevlug, maar homself later by die polisiestasie gaan aanmeld.

Hy het intussen in die landdroshof verskyn op aanklag van moord.