Malema verloor steun

Malema se Ekonomiese Vryheidsvegters (EVV) het van sy mees prominente leiers verloor toe sowat 150 ondersteuners bedank het en hulle by die Agang aangesluit. Die EVV organiseerder. Pule Matshitshe, het in Johannesburg namens die bedankte lede gesê hulle verlaat die EVV omdat hulle leiers met integriteit wil hê.

Vanessa Hani, Agang se vroue-organiseerder, het die lede namens die party verwelkom.

Die politieke ontleder, Aubrey Matshiqi, meen dit is die eerste tekens dat die EVV induie gaan stort weens Malema se swak gedrag en onvermoë om te organiseer.

Malema se reaksie op die oorlopery was dat dit  niks nuut is dat mense van party verander nie,