M23-rebelle aan wenkant

Die stryd in die Demokratiese Republiek van die Kongo kan ’n lang uitgerekte oorlog word as politici nie oplossings vind vir die konflik tussen regeringsmagte en rebellegroepe nie. Die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW) weet hoegenaamd nie wat die uiteinde gaan wees nie.

Dit is die siening van Lt. genl. Derrick Mgwebi, Hoof van Gesamentlike Operasies in die weermag. Daar is tans 850 SANW-soldate ontplooi wat deel vorm van die VN-magte.

Intussen het Die vryburger verneem dat nog ’n lid van die ingrypingsmag dood is en dat nege soldate beserings opgedoen het. Drie daarvan is soldate van die SANW.

’n Spesiale medewerkers het aan Die Vryburger gesê dat die M23-rebellemagte nou versterkings ontvang uit buurlande wat steun verleen in die stryd.

SANW-soldate moet ingevolge pres. Zuma se ontplooiing-bevel tot 31 Maart 2014 in die DRK aanbly, wat meebring dat dit die land miljoene Rand uit die sak jaag.