Ligte vliegtuig val by Warmbad

’n Ligte vliegtuig met vier insittendes het neergestort in ’n natuurreservaat naby Warmbad in Noord-Transvaal.

Die Vlieënier, mnr. Francois Scheepers, is in ’n bedenklike toestand en sy vriendin, Catharina Oosthuizen, is ernstig beseer.

Die ander twee passasiers, mnr. Kobus Oosthuizen en sy vriendin, Beandri Lamprecht is ongedeerd.

Die nood-helikopter wat eers ’n uur later opgedaag het, se vlieënier beweer hulle het glo verdwaal en eers in ’n ander rigting gevlieg.

Matie Barnard, bestuurder van die reservaat, se die mense was daar vir die naweek en was onderweg terug na Vryburg.

Barnard beweer die vliegtuig, ’n Piper Cherokee 235, het foutloos opgestyg, en is van mening dat die wind dalk iets te doen het met die ongeluk.