Lewenslank vir Boeremaglede

Adv. Paul Fick, wat die staat verteenwoordig in die sogenaamde “Boeremag saak”, vra dat 7 van die lede ’n vonnis van lewenslange tronkstraf moet kry.

Die staat vra ook dat die ander lede se straf sal wissel tussen 5 en 15 jaar.

Die verhoor duur reeds meer as 10 jaar.

Die staat vra in sy slotbetoog dat Tom Vorster, Dirk Hanekom, Herman van Rooyen, Lets Pretorius, Johan Pretorius, Wilhelm Pretorius en Rudi Gouws lewenslange tronkstraf moet kry.

Adv. Fick vra ook dat Adriaan van Wyk en Jacques Olivier elk vyf jaar tronkstraf opgelê word, maar reken Olivier se straf behoort opgeskort te word.

Vir Mike du Toit word 15 jaar gevra, en die oorblywendes elk 10 jaar tronkstraf.

Die hofverrigtinge hervat op 30 September.