Lekker ou Jan
Ou Oom Jan van Riebeeck het darem nou weer ‘n lelike ding oorgekom toe hy sommer die skuld gekry het vir
Aapseun Malgang en sy makkers wil nou vir hierdie rede die proses oordoen om die stad se naam weer te laat verander na die naam van die eerste kaptein van die Kaiser Chiefs wat in 1665 die liga gewen het nadat hulle die hele Mamelodi Sundowns span in die finaal met knopkieries die dinkpitte ingeduik het.
Blykbaar is die vorige publieke deelname proses te deeglik gedoen. Mense het skriftelik die ou naam verkies. Hierdie keer moet blykbaar nou seker gemaak word dat niks op skrif kom nie, want so gaan die publiek se opinie duideliker wees! Dan vra die mense my nog hoekom ek my badwater drink! Sulke dinge sal maak dat mens fietse se saals begin lek!
As Oom Jan moet hoor wat alles aan hom toegeskryf word draai hy in sy graf om! Hy sou nooit eers sy skepe, die Dommerassis, die Goedkoop en die “Raper” seker nooit eers beklouter het as hy geweet het hoeveel moeilikheid hy in die Transvaal sou maak nie. Met die prys van brandstof en die e-tol is dit net nie die twee varke en ses hoenders werd wat dit hom destyds gekos het om
Dankie Oom Jan vir
Tot volgende slag
Die Sweep.
Goeie dag Sweep
Ja hierdie klomp sal aanhou met onbenulighede en op sulke goed konsentreer want hulle weet hul krap die boere om, maar oor swak dienslewering en hulle afrika tyd om dinge uit te sorter sal hulle nie aandag aan gee nie. Dit gaan die belasting betaaler net weer n klomp geld uit die sak jaag vir n nuwe naam, daar is reeds duisende spandeer aan hierdie saak, maar gaan kyk maar na die staats hospitale in warse slegte toestand dit is, daarvoor is daar nie geld vir verbeterings nie.
Groete
Les
Nou hoor ek een of ander ander aap beweer dat Pretoria nie stadstatus kan regverdig nie, aangesien dit net ‘n voorstad vir Tshwane is. Hierdie ou’s het nie die vaagste begrip vir die proses van dorpstigting nie. Daar is wel ‘n Pretoria poskantoor en dan ‘n horde ander soos Silverton (0127) wat met dorpstigting gepaardgegaan het. Hierdie ‘dorpe’ was egter net woonbuurte en mos eerder onder die term buurstigting geskep gewees het. Met die uitsluiting van Akasia, Verwoerdburg, Mamelodi en ‘n paar ander wat wel op een of ander stadium ‘n dorpsraad/stadsraad gehad het, is Pretoria nie net die paar blokke middestad nie. Pretoria stadsraad het geregeer oor Morelettapark, Faerie Glen, Garsfontein en al die ander en hulle was nie dorpe per se nie, maar woonbuurte van Pretoria wat onder ‘dorpstigting’ gevestig is. Tshwane is ‘n kunsmatige sameflansing sodat die onwillige betalers deur die gewillige, goedgelowige betalers gesubsidieer word.
Oom Jan moes regs verby gehou het, en heeltemal vergeet het daarvan om Afrika te besoek, dan sou die arme ou nie hoef baas te gewees het vir al hierdie vreeslike sondes wat hulle nou onthul nie. 😉