Leerlinge word aanranders

’n  Senior ondersoekspan van Sentraal Transvaalse Departement van Onderwys gaan by die Glenvista High School in Johannesburg ondersoek doen nadat ’n skolier ’n onderwyser aangerand het en sommer met ’n besem aangeval het.

In ’n ander skool is die onderwyser deur ’n graad 10 leerling met ’n vuurwapen gedreig dat hy die onderwyser sal skiet.

’n Derde geval is aangemeld by Die vryburger waar ’n leerling die onderwyser in die been geskiet het.

Waarnemers meen dit is tiperend van ’n misdaad geteisterde samelewing, wat nog gebreinspoel word met TV programme om nog meer geweld aan te blaas.

’n Voormalige skoolhoof sê die skole word onregeerbaar omdat lyfstraf afgeskaf is, en mense kan verwag dat die tendens nog verder sal toeneem.