Lapa praatjies

“As jy gedink het die kommunis is tevrede om net in jou land te regeer, dan maak jy ’n liederlike fout my vriend”.

Ek skrik my boeglam toe buurman dit sê!

Toe ek ietwat herstel van die lamheid, en ek vra wat hy daarmee bedoel, toe skrik ek weer!

Nee, sê hy ewe doodluiters, het jy nie Die Vryburger gelees nie? Of kyk jy net na die nuus in daardie verduiwelde boks? Die leerlinge takel onderwysers asof die onnie vuilgoed is. Die Onnie moet net koelkop bly en die klippe wat gegooi word vermy met ’n deftige gekoes, en die besemstok se houe verduur.

As ’n ander een sy Onnie met ’n handwapen aanhou, en dreig om hom te skiet, dan moet jy weet die kommunis is besig om sy sin te kry!

’n Derde voorval is die van ’n leerling wat sommer die Onnie in die been skiet!

Toe buurman sien ek is vasgenael, en ek luister met aandag, gaan hy rustig voort.

Jy sien man, die kommunis maak seker dat die staat in totale chaos verval. Kinders mag nie slae kry nie, en dan word hulle soos ek vertel het. Die ongehoorsaamheid gee die kommunis nou die geleentheid om te sê hier is chaos, en dan begin hy wette instel om die chaos te herstel, maar eintlik is hy besig om sy houvas op jou hele huishouding te verstewig.

“Hy kom regeer binne in jou sitkamer”, sê buurman en maak sy vars gestopte pyp eers brand.

Dieselfde ding is besig om met die polisie te gebeur. Hulle stel mense aan in die polisie wat kriminele is, en ander wat nie ’n benul het van reg of verkeerd nie, wat nie kan lees of skryf nie, en gee hulle opdrag om wet en orde te handhaaf.

Na sowat 20 jaar word vertel die land gaan misdaad-vry gemaak word.

Buurman kyk my stip aan en toe sê hy ’n lelike ding: “ Buurman, sê hy, dit is die begin van ’n nuwe orde, ’n bedeling waar daar, net soos dit in Rusland vir jare gegeld het, word die polisie se versterkings aangevul uit die weermag. Soldate stap oral rond, en by die geringste oortreding,kry  jy ’n loodpunt – amper soos by Marikana.

Ek sit versteend!

“Wat maak ons nou?” ek voel ’n ligte bewerigheid in my ingewande. Die buurman praat vandag goeters waarvan ek kwalik iets weet.

Nee buurman, kom sy stem rustig, en almal in die lapa sit vasgevang om te hoor watter onheil ons nog gaan tref, “daar is ’n mooi plan, ons moet net saamwerk en sterk staan.

Sê Buurman, sê wat moet ons doen!”

Die geknars van die vuurhoutjie wat brand gemaak word is steurend, maar buurman maak eers weer sy pyp brand tot die blou rook wegsmelt in die hemelblou daarbo…

Toe sê hy: Buurman, ons moet werk dat dit bars om ons vryheid in ons eie land te kry. Sonder ons eie land, waar ons oor ons eie mense kan regeer, soos wat ’n Westerling weet dit goed, en reg is. Daar is geen ander uitweg nie!

Toe weet ek hoekom buurman en ek voorheen so naarstigtelik gaan werwing doen het onder ons nasie se mense om te registreer vir volgende jaar se VVK-verkiesing.

Ek moet sommer ’n paar Rand vir die mense by die VVK stuur want daardie verkiesing gaan ’n hoop geld kos – met geld wat waarvandaan kom?

Groetnis tot weersiens

Servaas Snyman.