Landdros brand dood

Annatjie Pretorius (58), n landdros van Vereeniging, kon nie die vlamme ontsnap uit haar huis nie weens die diefwering voor al die vensters en haar hulpgeroep is gehoor kort voordat sy doodgebrand het.

Sy het wel om hulp geroep oor die radiokanaal van die gemeenskap se polisiëringsforum (GPF).

“Mnr. Deon Bester vertel dat sy twee keer om hulp geroep het en het elke keer gesê haar huis brand.

Bester het na die geroep, dadelik die Midvaal-brandweer ontbied, wat sowat tien minute later daar was.

Een van die bure vertel dat die vlamme so hoog was dat daar geen kans was om naby die huis te kom om in te gaan nie.

Die hoof van die brandweer, mnr. Hannes Steyn meen ’n kortsluiting is verantwoordelik vir die brand.

Marieke le Roux, ’n senior landdros, was ook later op die toneel en kon nie glo haar vriendin en kollega het in ’n vlammehel omgekom nie.

Landdros Pretorius ’n geskeide, en sonder kinders,  wat alleen gewoon het.