Krugersdorp is sonder water

Watertekorte in Krugersdorp se munisipale gebied kan dalk etlike weke voortduur, en minstens solank as wat daar herstelwerk gedoen moet word aan die Kenmare opgaardam.

Die Munisipaliteit het egter nagelaat om inwoners teen die moontlikheid te waarsku, en in die gebiede Rant-en Dal, Kenmare, Muldersdrift, Noordheuwel en Rangeview word deur die hersteltyd geraak.

Die Munisipaliteit het eers verlede Vrydag kennisgewings uitgestuur, en dit is per e-pos gedoen aan diegene oor wie se besonderhede hulle beskik.

Intussen moet inwoners na ’n watertenk ry om water te kry.

Een inwoner het aan Die Vryburger gesê dit is duidelik dat die munisipaliteit oor geen vermoë beskik om vooruit te beplan nie.