Die ANC regering het goedkeuring gegee aan ’n sogenaamde amnestie oor kredietinligting wat verbruikers met ’n oorbelaaide skuldlas, net verder in die rooi
Mnr. Neil Roets, die Uitvoerende Hoof van die skuldberader, Debt Rescue, sê die amnestie gaan die kredietburo’s oneffektief maak. Die Buro’s mag dan nie meer die geskiedenis van mense hou wat nie hul skuld betaal nie.
Dit gaan ook meebring dat mense wat ’n vonnis opgelê is, ook van die Buro’s se rekords verwyder moet word.
Die kabinet se besluit dat alle negatiewe inligting oor ’n verbruiker totaal en al verwyder moet word op die databasis, ongeag die omstandighede, met die verstandhouding dat dit op skuld van toepassing is wat aangegaan is tussen 2006 en 2011.
Die vorige amnestie het daartoe gelei dat 74% van die 600,000 mense wat op rekord was by Buro’s, binne maande weer op die Buro’s se rekords beland het.
Dr. Rob Davies, Minister van Handel en Nywerheid, wil hê banke moet bekostigbaarheids-toetse doen op kliënte en nie hulle verlaat op Kredietburo’s vir inligting nie
Kenners in die bankwese wys egter daarop dat banke juis van Kredietburo’s gebruik maak omdat wanbetalers nie anders uitgesnuffel
Die probleme in die woekerleningsbedryf is legio, beginnende met die feit dat woekerlenings moreel onregverdigbaar is: dus tot die mate wat die woekeraars se risiko veerhoog, is dit hul verdiende loon.
Die wortel van die euwel, materialisme en die onversadigbare gejaag na goed en gerief moet eerder aangespreek word.
Ons moet terug na ons kernwaardes en binne ons vermoe lewen dan raak debatte soos hierdie onnodig.
Goeiedag Jjoffre,
“Hoor, hoor Boere!!”
Boeregroete,
DuP
Ek stem saam met die amnestie- weens omstandighede geval in lelike finansiele verknorsing, beide ek en eggenoot nou baie goeie en stabiele werk, wil graag huis koop maar weens swak krediet rekords kom ons nerens reg nie. bekostigbaarheids toets sal beslis in ons guns tel. So ek stem vir dit!!!