Korrupsie deurdrenk

Die tydperk September 2004 tot Augustus 2013 het 2 638 skuldigbevindings vir korrupsie van amptenare gehad. Die syfers is op 2 September 2013 deur die president van die ANC-regime, Jacob Zuma, op ‘n redakteursforumontbyt bekend gemaak. Van die 2 638 skuldigbevindings was 910 op nasionale en 1 728 op provinsiale vlak.

Zuma het gesê dat daar 256 gevalle was waar oortreders gestraf was met drie maande se salaris terughouding, 541 was skriftelik gewaarsku en 201 vervolg.

Daar was op die nasionale teenkorrupsie inskakellyn 17 110 gevalle van korrupsie aangemeld. Daar was ook R330-miljoen herwin van oortreders.