Koop R53,000 se kitskos

Die “Sunday Times” berig in sy jongste uitgawe dat die Noord-Kaapse premier, Sylvia Lucas, sowat R53,000 spandeer het aan kitskos gedurende die eerste drie maande na haar aanstelling as premier van dié provinsie.

Sy wou glo nie persoonlik reageer op die beig nie, en haar kantoor het ontken dat dit ’n “vermorsing” was.

Monwabisi Nkompela, die premier se hoof van kommunikasie, sê Lucas belê van tyd tot tyd vergaderings, en dan is dit haar verantwoordelikheid om die teenwoordiges van iets te ete te voorsien.