Komeet is oppad

Die koms van die komeet bekend as Ison, is oppad en sal sigbaar wees in die Suidelike Halfrond aangesien dit vêr van die son verby beweeg.

Wetenskaplikes beweer die komeet sal meer as 1 miljoen km bo die son se oppervlakte verby beweeg, wat dit sigbaar sal maak vir mense op aarde.

In die Suidelike Halfrond sal hy die beste te sien wees voor sonop op 28 November vanjaar.

Wetenskaplikes sê die moontlikheid bestaan dat die komeet mag verbrokkel, maar indien dit nie gebeur nie, sal hy die hemelruim pragtig verlig.

Indien verbrokkeling wel plaasvind, sal dit, na verwagting, lyk soos ’n string glinsterende pêrels.

Die Europese Ruimte-agentskap het in ’n verklaring gesê die komeet gaan op 1 Oktober sowat 10,5 miljoen km van Mars wees, en dan sal die Mars Express foto’s van hom neem en terug sein na die basis.