Kees bedreig die mense

Derduisende Rand skade in die woonhuis van mnr. Nollie Naude, en sy gade, Maureen, aangerig in George, nadat bobbejane toegang tot die huis gekry het en die hele huis geplunder het.

Die kese het glo toegang gekry deur ’n valdeur. Die bure het die egpaar wat by hulle werkplek was, geskakel en meegedeel dat daar bobbejane op hulle huis se stoep is en dat die alarm ook afgegaan het.

Die huis is in totale chaos gelaat. Die kombuis was besaai met kos en bobbejaan mis, en oral is die mure besmeer, waardevolle stukke van staanders afgegooi en matte besmeer.

Die huise gaan ontsmet word, nadat dit skoongemaak is, en kan ’n paar duisend Rand beloop.

Die bobbejane het in die Wes-Kaap tot ernstige probleme gelei, en munisipaliteite ondervind groot probleme om die diere uit die dorpe en stede te hou. Kinders en ouer mense het by verskeie geleenthede in die hospitaal beland nadat hulle beseer is deur die bobbejane.