Kat se vlug verras almal

In Bloemfontein het ’n dragtige kat byna haar moses teengekom toe ’n spul leegleerq honde haar gejaag en sy uit radeloosheid teen ’n kragpaal opgeklouter het.

Die eienaar van die kat is nie bekend nie, maar die kat wat uiteindelik bo-op die kragpaal gaan sit het, kon toe nie weer die moed bymekaar skraap om af te klim nie.

Die gevolg is dat sy ses dae lank, sonder enige kos of water, bo-op die kragpaal gesit het voordat hulp opgedaag het.

Mnr. Deon Beneke, ’n inwoner, vertel dat sy huiswerker vertel het van die kat, waarna hy planne gemaak het om die kat te verlos uit die ellende.

“ ’n Mens kon sommer sien dis ’n kat met goeie gene,” vertel Beneke.

Volgens Stefanie Jansen van Rensburg, woordvoerder van Eskom, het twee van die kragvoorsiener se werkers, probeer om die kat uit haar penarie gered.

Toe hulle nader kom om die kat af te tel, het sy self, soos blits, teen die paal afgeklim.