“Kanker geneser” word bevraagteken.

Dr. Anton Neethling, ’n man wat daarop aanspraak maak dat hy kanker kan genees, is tans deur verskeie geneeshere gekritiseer en is bedenkinge uitgespreek oor sy behandelings met masjiene en medikasie wat blykbaar daarmee saamgaan.

’n Kankerlyer van Australië is onlangs oorlede in ’n hospitaal in Pretoria nadat hy behandel is deur Neethling vir ’n aggressiewe kanker.

Die kankerlyer, Shaun Gunther, se familie het glo R30,000 betaal vir die behandeling.

Neethling sê hy kon in 14 dae die kanker op die pasiënt se boud met 66% verminder, maar die pasiënt was reeds siek toe hy met behandeling begin het.

Die familie sê dat dr. Anton  gesê het die pasiënt sal so vier maande in die kliniek moet bly, iets wat hulle nog R250,000 uit die sak sou jaag.

“Hy was net goed vir ons en ek glo nie Shaun kon op ’n beter plek gewees het nie.”

Intussen word berig dat Joost van der Westhuizen ook behandeling ondergaan het en nou oortuig is hy gaan gesond word. Hy sê die siekte toestand is genees en hy moet nou die pad van herstel met geduld stap.

Verskeie dokters en spesialiste het egter gesê daar is geen moontlikheid dat Joost genees kan word van sy ongeneeslike motorneuronsiekte (MNS) nie.

“Dit is ’n doodsvonnis van ’n siekte,” het dr. Joe Terblanche, neuroloog van Pretoria, gesê. “Ons kan nie vir MNS-lyers hoop gee nie. Ons stap net die pad saam met hulle tot aan die einde en maak dit so gemaklik en pynloos as moontlik.”

Neethling is glo bekend onder sportlui omdat hy blykbaar natuurlike medikasie gebruik om die liggaam te suiwer.

Dr. Anton word bestempel as n “geneeskundige” alhoewel hy erken hy het slegs ʼn doktorsgraad in teologie wat hy in die VSA verwerf het.

Hy het homself beskryf as ’n pastoor wat glo weggeloop het uit die kerk met ’n soeke na ’n antwoord waarom mense so siek word en doodgaan.

Hy was voorheen ʼn geloofsgeneser.