Joost en Amor weer bymekaar

Joost van der Westhuizen is oppad terug na Amor, sy vrou, se woonplek waar hy eersdaags gaan intrek, om permanent daar te woon.

 

Enkele jare gelede het ’n hewige stryd tussen die twee geheers na aanleiding van ’n video waar Joost blykbaar by ’n prostituut betrokke was. Dit het internasionale opslae gemaak.

Amor het toe met ’n egskeidingsaak begin, en Joost het die spoghuis verlaat.

Met die ernstige siekte toestand van Joost, het daar weer versoening gekom tussen hulle, wat uiteindelik daartoe gelei het dat hy terugkeer na sy huis, vrou en kinders.

Joost se dokters het gesê hy moet binnekort pype aan sy liggaam kry om te help dat hy voldoende suurstof kry, wat waarskynlik daarop dui dat hy al minder sal kan beweeg.

In ’n verklaring sê Amor dat Van der Westhuizen intussen seker gemaak het dat sy en die kinders behoorlik versorg sal  wees as sy einde aanbreek.

Joost is gediagnoseer vir terminale motorneuronsiekte, wat tans ongeneeslik is.