Jong ontwerper maak naam

Jongeheer Michael Ferguson (18) van Wonderboom, Pretoria is besig om sy naam in die klerebedryf en modewêreld te vestig met sy eerste skeppings wat talle matriekmeisies se harte bly gemaak het.

Michael het nie minder as 16 meisies se rokke vir die matriekafskeid gemaak, en dit binne ses maande aan elkeen by die huis afgelewer.

Hy is ’n leerling van die Hoërskool Overkruin en het talle matrikulante se rokke gemaak wat saam met hom in die klas is.

Verlede week het hy saam met sy maat, vir wie hy ook die rok ontwerp en gemaak het, matriekafskeid gehou.

Meisies ban skole soos Montana, Overkruin, en Akasia het met sy ontwerpe, gespog by die matriekafskeid van die skool.

By Fritz en Johan Botha van “F. Wilson Fashion Design”, het hy die kunsies van die modebedryf bemeester.

Hy beplan om volgende jaar sy eie boetiek te begin.