James 007 se duikboot-motor verkoop

Rodger Moore, alias James Bond 007, se Lotus Esprit, wat spesiaal vir die film, “The spy who loved me” gebou is, het ’n nuwe eienaar gekry.

Die motor is nou verkoop vir R9,7 miljoen, wat die koopkoste insluit.

Die Lotus, wat die naam “Wet Nellie”, gekry het, het vir tien jaar in ’n pakhuis gestaan. Die huurgeld vir stoorruimte is destyds ten volle betaal vir die tydperk van tien jaar.

Iewers het ’n fout ingetree en die huurgeld is daarna nie betaal nie, en die motor ook nie uit die stoor verwyder nie.

Gedurende 1989 is die inhoud van die pakstoor opgeveil en verkoop. Die motor was deel van die transaksie.

Die nuwe eienaar het nou die motor op ’n openbare veiling vir R9.7 miljoen verkoop aan ’n onbekende koper.