Is dit hoe die reg nou is?

Die 18 jarige Mduduzi Lucky Mpila van Barberton in Oos-Transvaal, is in die Nelspruit-streekhof skuldig bevind op aanklag van poging tot verkragting op ’n vyfjarige kind.

Mpila, is ’n gr.10-leerling, en hy het onskuldig gepleit.

Gedurende 2011 is hy in hegtenis geneem nadat die vyfjarige kind se ma ’n klag van seksuele mishandeling aanhangig gemaak het.

Landdros Willie Wilkins het die skuldige Mpila vonnis van vier jaar tronkstraf opgelê, maar die vonnis is vir vyf jaar opgeskort.

Wilkins sê in sy vonnisoplegging dat Mpila net 16 jaar oud was toe hy die misdaad gepleeg het.