Is dit blitspatrollie werk?

In die Paarl het ’n bees wat vir die slagpale bedoel was, besluit om weg te breek vir sy veiligheid en die hasepad gekies.

In een van die Paarl se strate het hy as renbaan gebruik en genael soos wafferse renperd. Een verkeersbeampte het die petalje gesien en met sy motor agter die dier aangejaag, maar sommer die polisie in kennis gestel van die dreigende gevaar.

Uiteindelik het 15 polisie- en verkeersmanne, met hulle voertuie die toe reeds verwilderde dier gejaag.

Een persoon, wie se naam nie bekend is nie, het glo die arme dier sowat tien skote met ’n .22 geweer geskiet.

’n Meningsvormer het aan Die vryburger gesê dit sal goed wees as die polisie in soveel getalle, en so gou wil optree wanneer ’n volksmoord plaasgevind het.