Hy bou sy eie motortjie

Matrikulant Marinus Moolman (18), gaan miskien sy klere huur vir die matriekafskeid, maar hy sal sy metgesel, Marijke, beslis saam met hom neem in sy eie voertuig, wat hy self gebou het saam met sy pa..

Marinus is ’n matrikulant  aan die Hoërskool Oos-Moot in Pretoria. Hy en sy pa, Hendrik, het sowat drie jaar gelede met die bou van die “Lotus 7-replika” begin nadat pa Hendrik se vriend die gedagte geplant het.

Die motor is opgebou uit ou wrakke, maar die masjien en ratkas is nie uit wrakke gehaal nie.

Marinus erken dit was vir hom moeilik om die laaste paar maande op sy studie te fokus omdat hy heeltyd met die motor wou help.

Hy wil in 2014 gaan studeer as vliegtuig werktuigkunde by ’n  tegniese kollege.