Hou motor vol brandstof

Die Automobiel-Assosiasie (AA) het motoriste gemaan om eerder betyds hul motors vol te maak aangesien dit onduidelik is hoe lank die joggies nog wil staak.

Die vakansiegangers wat eerskomende Vrydag, met die sluiting van skole vir die September vakansie, moet liefs betyds voorsiening maak.

Waarnemers meen egter dat diegene wat tuis bly weens werksomstandighede, ook maar moet seker maak dat hulle voertuie genoeg brandstof in het.

Die proses van onderhandelings oor meer geld sou gister hervat word.

Duisende joggies, sowel as fabriekswerkers en selfs werktuigkundiges het begin staak  oor loonverhogings en ander ook oor werksomstandighede.

Van die joggies het egter geweier om te staak, en hou aan met werk, maar berigte is ook ontvang dat sulke werkers deur die stakers geïntimideer en selfs gesaboteer word.