Hospitaal kry wêreld se beste skandeerder


Die beste MRI-skandeerder ter wêreld is aangekoop deur die Medi-clinic Hoogland in Bethlehem, en is blykbaar die enigste hospitaal in die land wat oor die uitmuntende apparaat beskik.
Die toestel is deur Philips in Nederland ontwerp en vervaardig, en het die hospitaal bykans R15 miljoen uit die sak gejaag.
Die skandeerder is in 2013 as die beste ter wêreld aangewys deur gesaghebbende instansies in die mediese wêreld.
Radiografiste kan nou die ondersoeke en ontledings veel vinniger doen en die gehalte van die werk is ook aansienlik beter.
José Fernandez, ’n bestuurder vir Philips SA, het bekend gemaak dat meer van die skandeerders na die land sal kom in die afsienbare tyd.