Honda lugsakke het rekenaarprobleem

Honda het weereens lugsakprobleme en het Donderdag, 19 September 2013, bekend gemaak dat meer as 400,000 voertuie ingetrek moes word. Die probleem is ondervind met die Odysseys minibus en die Acura MDX.

Die lugsak-probleem word veroorsaak deur ‘n rekenaarskyfie wat nie behoorlik funksioneer nie. Heelwat voorvalle is aangemeld waar die lugsak geaktiveer word sonder dat daar ‘n botsing was.

Die voertuie wat betrokke is, is hoofsaaklik in die VSA waar 318.000 Odyssey voertuie betrokke is met ongeveer 23,300 in Kanada; Australië is ook een van die lande. In die geval van Acura is dit die 2003 en 2004 modelle wat met probleme geïdentifiseer is.

Honda moes in Januarie 2012 ongeveer 304,000 voertuie inroep vir defektiewe lugsakke en in 2010 was daar probleme met 437,000 voertuie se lugsakke,