Hond byt plaaswerker dood

Mnr. Attie van Wyk, van Jan Kempdorp distrik, se bulterriër het in sy afwesigheid, een van sy plaaswerkers by die agterdeur van die huis doodgebyt.

Sy broer Piet het die lyk die dag daarna by die huis aangetref.

Mnr. Attie van Wyk was in Namibië en sy broer het ’n oog gehou oor die eiendom, soos wat hulle gebruik is.

Die honde is om die huis se kamp toegemaak, sodat hulle die huis kan oppas.

Dit is onverklaarbaar wat die werker by die huis wou gaan doen terwyl hy bewus is daarvan dat die eienaar nie tuis is nie.