Hitler se lyfwag oorlede

Die Führer, Adolf Hitler, se jare lange lyfwag, is in die rype ouderdom van 96 jaar oorlede.

Rochus Misch, was Hitler se toegewyde lyfwag, en is ook die laaste oorlewende ooggetuie gewees van die Führer se laaste tyd, voor sy dood.

Burkhard Nachtigall, die persoon wat namens Rochus Misch sekere skryfwerk gedoen het, het bekend gemaak dat Misch verlede Donderdag ná ’n kort siekbed in Berlyn oorlede is.

Hy was tot op sy einde ’n trotse man, wat oor al die jare ook trots was daarop dat hy sy leier se lyfwag kon wees.

Misch het sy leier as ’n “baie normale man” beskryf, wat nie ’n wreedaard was nie, en beslis nie die monster was wat deur mense aan die wereld voorgehou word nie.

Foto – Rochus Misch