Help ander en gaan tronk toe

Mnr. Ashwell du Plessis van Germiston wou ’n vriend help omdat sy voertuig hom in die steek gelaat het, maar beland toe in aanhouding vir 10 dae.

Dit het Du Plessis onkant gevang, maar uiteindelik het vyf appèlregters in ’n reuse hofgeding bevind hy was “die onskuldige wat op die verkeerde tyd op ’n verkeerde plek” gewees.

Ashwell Du Plessis is in hegtenis geneem op die plek waas hy sy vriend se voertuig aan syne gehaak het om dit weg te sleep. Hy was nie bewus daarvan dat daar ’n rukke tevore ’n rooftog plaasgevind het en ooggetuies dié toneel waargeneem het nie.

Die polisie “betrap” toe vir Du Plessis by die verdagte motor, en neem hom summier in hegtenis.

Sy verduidelikings het niks gehelp nie

Die vyf Appèlregters het bevind dat die polisie verskoon kan word vir hulle optrede omdat hy by ’n motor was wat met die rooftog verbind kon word.

Die polisie het egter nagelaat om Du Plessis se saak korrek te hanteer uit hoofde van nuwe getuienis wat intussen beskikbaar geraak het. Hulle moes die volgende oggend. By ontvangs van die getuienis, Du Plessis vrygelaat het.

Barry Pretorius, die aanklaer, het die verhoor vir tien dae uitgestel het en Du Plessis moes in aanhouding bly.

Pretorius het nagelaat om te lees wat in die dossier staan, en kan nie verskoon word dat hulle onder druk werk en dan mense verkeerdelik in aanhouding laat bly nie.

Die hof het beveel dat die SAPD R100,000 skadevergoeding betaal en die Nasionale Vervolgingsgesag moet R120,000 aan Du Plessis betaal.

Die twee instansies moet ook die hofkoste dra.