Grootvleikragsentrale weer in bedryf gestel

Die kragstasie by Grootvlei, wat oorspronklik in 1969 in bedryf gestel was en toe in 1989 uit produksie onttrek is weens te veel surplus elektrisiteit, is op 20 September weer amptelik heropen.

Die kragsentrale is in werking gestel teen R7.2-miljard en moet help om in die kragtekort, wat tans ondervind word, te voorsien. Die aanleg beskik oor ses 200MW opwekkingseenhede.

Die nuwe kragsentrales, wat in bedryf moes kom, word steeds vertraag weens ontoereikende dienste van subkontrakteurs waar aanstellingskriteria aan AAS (Aandele Afpersing vir Swartes; Engels BEE) vereistes moes voldoen. Die vertragings was verder aangehelp deur stakings. Eskom het die afgelope week ‘n Hooggeregshof appèlsaak gewen teen Hitachi vir swak dienste gelewer aan Medupi kragsentrale. ANC verwante organisasies het ‘n stewige aandeelhouding in Hitachi.