Grondeisers eis regeringshulp

Die sogenaamde nuwe boere, oftewel grondeisers, wat as nuwe grondeienaars beskou word, het hulle grond bekom deur eise wat ingedien is.

Nou eis daardie selfde grondeisers dat die ANC regering hulle moet bystaan om die grond te bewerk en te bestuur.

Die Vryburger het gister berig dat die Minister gesê het dat onbenutte grond van eisers, terug gevat sal word.

Nou blyk dit dat talle “grondbesitters wat moes boer nie weet hoe om te boer nie.

Hulle eis dat die regering hulle moet leer hoe om die grond te bewerk en te bestuur..

Dit is die probleem in Noord-Transvaal volgens adv. Thuli Madonsela, die Openbare Beskermer (OB).

“Mense kla landwyd hieroor en meen dit dra tot hul armoede by,” het sy gesê tydens ’n vergadering met dié provinsie se Wetgewer..

Lede van die Wetgewer het egter daarop gereageer en gesê die kwessie rondom grondbesit is ver van afgehandel.

Rashaka Ratshitanga, ANC-veteraan en LP, het gesê: “Ons kan nie met enigiets in die land vorentoe beweeg voordat grond nie aan mense gegee is nie”.

Volgens hom is dit ’n skande dat swartes steeds minder as 13% van die grond besit.

Foto – Thuli Madonsela