Gratis besoeke aan Krugerwildtuin

Gratis besoeke kan nou gebring word aan die Krugerwildtuin gedurende die week ter viering van die SANpark-week.

Sedert 2006 het SANpark begin om mense gratis toe te laat by Nasionale Parke in die hoop dat “minder bevoorregtes” ook die geleentheid sal gebruik om parke te besigtig.

William Mabasa, ’n woordvoerder van die Krugerwildtuin, sê dat Suid-Afrikaners wat ’n geldige ID kan toon, mag tot 13 September dié Park gratis besoek.

Begeleide staptoere en ander aktiwiteite sal egter nie gratis wees nie.