’n Bewering dat Glynnis Breytenbach in diens van die Israelse Mossad is, word heftig ontken deur haar regsverteenwoordiger, mnr. Gerhard Wagenaar.
Die Israelse geheime diens, bekend as die Mossad, is reeds vir etlike jare bekend vir hul effektiewe werksmetodes in ander lande.
Nou is die bewering oor Breytenbach se betrokkenheid by Mossad glo in ’n dokument vervat wat die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) wil gebruik om haar te vervolg.
Die bedoeling is blykbaar om haar te vervolg sodat sy nie met vêrdere ondersoeke kan voortgaan na die doen en late van Lt. Genl. Richard Mdluli, die geskorste hoof van die polisie se Misdaad Intelligensie-eenheid nie.
Breytenbach het daarin geslaag om in 15 aanklagte teen die NVG te wen, en is nou blykbaar gebrandmerk en wil hulle haar in ’n slegte lig probeer stel.
In die gewraakte dokument word talle bewerings gemaak, soos dat die Mossad na haar sal omsien deur betalings aan haar te maak, asook die gebruik van ’n private straler moontlik sal maak.
Goeiedag Boere,
Ek wonder, as ‘n mens die vlakke van intelligensie op ‘n skaal van 1 – 10 sou kon meet, tussen dié van Misdaad Intelligensie en Mossad, en dan tussen dié van die generaal en die advokaat, of jy dalk dieselfde antwoord sou kry?
Ek dink dat indien Mossad sou belangstel in inligting oor die NVG, sou hulle dit lankal gratis uit die ANC en NIA se eie rekords kon aflaai, sonder om ander tyd en moeite daarop te spandeer.
Boeregroete,
DuP