Gesin uitgewis in ongeluk

’n Man, sy vrou, en hul agt maande oue baba van Brits, is opslag dood in ’n motorongeluk toe hul voertuig teen ’n vragmotor gebots het op die R556, in die rigting van Sun City.

“Paramedici het die ma, pa en babaseuntjie op die ongelukstoneel dood verklaar,” het ’n woordvoerder gesê.  

Een van die vragmotor se insittendes is ernstig beseer en per helikopter na ‘n hospitaal vervoer, maar die bestuurder en nog ’n passasier het slegs ligte beserings opgedoen.

Dit is onbekend wat die oorsaak van die ongeluk is en die polisie ondersoek die saak.