Gered van blindheid

In Oudtshoorn is ’n jagluiperd van ’n gewisse blindheid gered nadat sy ’n operasie ondergaan het in Kaapstad.

Venus, die ses jaar oue luiperd van die “Cango Wildlife Ranch”, het ’n operasie ondergaan om die katarakte te verwyder wat besig was om haar sig te belemmer.

Venus is deur ’n plaaslike veearts, dr. Glen Carlisle, ondersoek en verdoof waarna sy in ’n krat gelaai, en na die Cape Animal Eye-hospitaal in Kaapstad geneem is.

Die luiperd is dieselfde dag na die operasie, weer terug geneem na Oudtshoorn waar sy losgelaat is in die kamp waar sy altyd bly.