Geneser se pasiënt sterf

Jean-Pierre du Preez (22) het volgens die onkoloog wat hom behandel het, slegs ses maande gehad om te leef, nadat hy vir agt jaar oor hom gedokter het.

Die Vrystaatse man sou nie veel langer as ses maande kon leef nie, maar het toe te hore gekom van Anton Neethling, wat die versekering gegee het dat hy Du Preez sal gesond maak.

’n Paar weke nadat Neethling hom behandel het, is die jongman oorlede.

Neethling is die sogenaamde geneser wat beweer hy het Joost van der Westhuizen van  motorneuronsiekte genees, ’n siekte toestand wat volgens geneeshere oor die wereld erken dat daar tot nou toe, nie genesing vir die siekte is nie.

“Hy het vir my gesê hy gaan Jean-Pierre beslis gesond kry,” het sy ma, Lorraine, gesê.

Foto – Anton Neethling