Die motorbestuurders van die polisie se BBP-eenheid
Sers. Tshepo Lethlatle, ‘n BBP-motorbestuurder, het Maandag in die landdroshof van Krugersdorp getuig tydens die verhoor van sers. Joseph Semitjie.
Semitjie was die bestuurder van die ampsmotor van Humphrey Mmemezi, die voormalige LUR, toe hulle in 2011 in ’n ongeluk met Thomas Ferreira was wat op sy motorfiets gery het.
Hy staan tereg op aanklag van nalatige of roekelose bestuur, opsetlike saakbeskadiging, en versuim om bystand aan beseerdes te bied op ’n ongelukstonee, asook dat hy verantwoordelik is vir die beserings wat Thomas opgedoen het.
Foto – Thomas
Nuutste kommentaar