Foutbal!
Hierdie naweek het ek die twyfelagtige voorreg gehad om die toets tussen Suid-Afrika en Australië te sien. Wat die ervaring nog meer interessant gemaak het, was dat ek dit gekyk het by ’n partytjie waar daar baie mense was met Springbok truie met die volksmoord vlag op die mou. Dis nogal ’n dilemma vir wie om te ondersteun. Soos die lesers seker weet, speel die twee
spanne vir die trofee van die groot terroris.
Dit was nogal ’n vreemde ervaring. Elke keer as die ingevoerde Zimbabwiër wat vir die bokke speel aan die bal vat, spring daar ’n paar manne op en roep na ’n Ingelse teef
Na die gekla en gekerm oor die twee geel kaarte vir Bismarck du Plessis in die wedstryd teen die All Blacks, het die Bokke darem weer gewys dat hulle nou maar eenmaal nie ’n wedstryd
Die Springbokke het met 28-8 op Nuweland in die Kaap gewen.
In die ander wedstryd in die Rugby Kampioenskapstoernooi, het die All Blacks die Argentyne met 33-15 getroef. Hulle het vier drieë gedruk in hierdie wen vertoning.
Dit beteken dat Saterdag se wedstryd op Ellispark tussen die Springbokke en die All Blacks sal wees.
My voorspelling is dat die manne in swart hierdie wedstryd sal wen.
Indien die bokke die trofee omhoog wil hou, sal hulle met ’n bonuspunt moet wen, maar ook keer dat die Nieu-Seelanders ’n bonuspunt verower. EK glo dis baie onwaarskynlik dat daar vier drieë teen die wêreldkampioene gedruk sal word.
In die Curriebeker wedstryde hierdie naweek het dit as volg verloop:
Vrystaat het naelskraaps teen die WP verloor. Die reserwe losskakel van die WP, Dmitri Katrakillis het ’n skepskop oor die pale geklits met net twee minute in die wedstryd oor. Wat die Vrystaat seker moeilik aan die verloor laat sluk, is dat hulle losskakel ’n skop reg voor die pale verbrou het, net voordat die manne lemoene gaan eet het.
Die Transvalers maak hierdie seisoen ’n gewoonte daarvan om die ander span eers goed voor te laat loop voordat hulle met ’n terugveg poging die wedstryd probeer wen. Reeds na vyftien minute, was die Transvalers 15-3 agter. Die bult was net te steil en hulle moes die knie buig met ’n telling van 25-31 teen die Natallers.
Vir die eerste keer hierdie seisoen het die Noord-Transvalers gelyk of hulle wil rugby speel. Hulle het die span van die Griekwas met ’n allemintige 52-10 in Kimberly gewen. Alhoewel die arme span van die Griekwas nog nie aan die wenkant was hierdie seisoen nie, het hulle die meeste van hulle wedstryde naelskraaps verloor en in baie gevalle kon hulle hulself ongelukkig ag om nie aan die wenkant te wees nie.
Nuutste kommentaar