Eskom mik na sonkrag

Die nasionale kragvoorsiener, Eskom, is van plan om in die komende aantal jare tot sowat 150 Mega Watt (MW) se fotovoltaïese-sonkrag se infrastruktuur by die hoofkantoor, verskillende streekskantore en kragstasies oprig.

Ongeveer 100 MW sal  vir kragstasies bedoel wees om ondermeer vervoerbande aan te dryf en ander kleiner toerusting.

Dr. Tobias Bischof-Niemz, die hoofingenieur vir energie-beplanning is ’n spesialis in fotovoltaïese sonkrag by Eskom se eenheid vir hernieubare energie

Daar gaan van sonkrag gebruik gemaak word op die dakke van Eskom se hoofkantoor in Midrand, en ook by ander kantore landwyd.

Tenders is uitgereik vir 400 kW se sonkrag by Eskom se Rosherville-navorsingsentrum in Germiston.

Bouwerk is begin aan 350 kW se sonkrag-infrastruktuur by Megawatt Park en ’n projek van 8 MW word in 2014 by die Grootvlei-kragstasie naby Balfour gebou.

Intussen is verneem dat munisipaliteite gekant is teen die opwekking van sonkrag want dit bedreig hulle maandelikse inkomste.