Engelse vereer Natalie.

Natalie du Toit, bekende Suid-Afrikaanse Paralimpiese swemmer is deur koningin Elizabeth II van Brittanje vereer.

Sy het die titel Member of The Most Excellent Order of the British Empire vir haar bydrae tot Paralimpiese sport ontvang.

Natalie het na ‘n dekade van kompetatiewe sport in 2012 uit aktiewe deelname uitgetree. Sy het in daardie jaar op die Oplimpiese en Paralimpiese Spele drie goue en een silwer medalje ontvang.

Die graaf van Wessex, prins Edward, sal die eerbewys in Oktober in Pretoria aan haar oorhandig.