Elektriese kabel skok seun dood

Cobus Ras, ’n matrikulant van die Hoërskool Die Wilgers, Pretoria, se lewelose liggaam is deur sy vader, Ao. Cobus Ras, van die Boschkop polisiestasie gevind waar hy langs die treinspoor gelê het.

Met die eerste oogopslag het die polisiebeampte geweet sy seun is dood.

Ao. Ras sê sy seun Cobus (18) en sy neef, Eben du Plessis (14), het ná  4 uur die middag ’n DVD teruggeneem na die videowinkel en hulle het sommer kortpad geneem terug huis toe, maar het ook oor stilstaande treinwaens geklim.

’n Werker het gesien hoe Cobus sy kop teen die draad stamp en toe afgeval het van die treinwa.

Sy neef Eben het paniekbevange huis toe gehardloop en Ao. Ras ingelig van die gebeure.

Sy seun Cobus het ’n brandwond aan sy kop gehad, en ook ’n wond van die val.

Cobus se roudiens is Vrydag om 10:00.