In hierdie onseker tyd waarin ons lewe, is daar tog ‘n paar dinge waarvan ‘n mens seker
As dit nie multi-kulturele organisasies is met irriterende teksboodskappe waarin hulle versekering aan jou wil afsmeer nie, is dit politieke partye wat jou vra om te registreer en in 2014 se multi-kultu-verkiesings vir hulle te stem.
Laat Neelsie dit nou hard en duidelik uitbasuin: Ek neem nie deel aan verkiesings waarin legitimiteit aan ‘n bose regeringstelsel verleen word nie. Aborsie, volksmoord, verkragting, korrupsie, geloofsgelykheid en alle ander booshede is vir my onaanvaarbaar. Ek sal nooit ‘n stempel van goedkeuring plaas op ‘n politieke bestel wat hierdie dinge ondersteun nie.
Indien daar enigiemand daarbuite is wat reken dat ek ooit vir die DA, VF, ACDP, FVP of enige ander party sal stem, is julle berekeninge verkeerd. Die fout lê nie by julle formule nie, maar by die hele som.
Net in die afgelope maand het ek teksboodskappe van die DA sowel as die ANC ontvang. Daar was selfs ook ‘n telefoonoproep van die DA. Waarom hierdie skepsels my nommer het is ‘n belaglikheid op sy eie, en waarom hulle my kontak is die kersie op die koek.
Die oorlewing van ons volk is nie gesetel in deelname aan ‘n verkiesingstelsel wat uit verraad gebore is nie. Die afleiding
Dit sluit aan by wat in die vorige uitgawe van hierdie rubriek gesê is met betrekking tot die vlag waaronder al hierdie booshede plaasvind. Indien ‘n persoon tevrede is met die stand van sake onder ‘n vlag, is daardie persoon by implikasie ook tevrede met die uitslae van verkiesings waaraan hulle deelneem.
Deur weg te bly van die stembus, is dus ‘n daad van verset teenoor alles waarvoor daardie stembus ingestel is. ‘n Wegblystem is nie ‘n stem vir die ANC nie: dis eerder ‘n stem vir reg en geregtigheid. Ons moet die stadium bereik waar verset teen die bose die prioriteit word eerder as wat verset teen een party lei tot ‘n stem vir ‘n ander party wat steeds deel is van die algehele bose stelsel.
Ter opsomming: Los my uit, ek stem vir niemand in hierdie bestel nie. Die enigste verkiesing waaraan ek al ooit deelgeneem het, was die VVK se verkiesing. So sal dit ook bly.
Boeregroete,
Kordaat Neelsie
Politieke partye het oor dekades heen groot verdeeldheid onder die Boere-Afrikanervolk veroorsaak en is op sy beste nie volksverteenwoordigend nie, want ons stem vir die party en nie vir die beste of bekwame man nie. Daarom gee ook ek my heelhartige steun aan die Boere-Afrikaner Volksraad en het groot waardering vir die VVK vir die omvangryke werk wat hulle doen. Nomineer jou bekwame mense en verkry so verteenwoordiging op die Volksraad.