Ek sien dit so!

Daar is iets wat baie swaar op Neelsie se hart druk. Julle kan raaiskote waag, en almal sal seker waar wees, maar hierdie is iets spesifiek.

My kinders is nie in ‘n staatskool nie. Hoe sal ek sorgeloos kan toekyk hoe my kinders ‘n vlag moet teken waaronder ons mense uitgemoor word? Dan word die onskuldige kindertjies nog gedwing om ‘n lied te sing wat kwansuis ‘n gebed is.

Nou die aand woon ek ‘n private skool se konsert by. Hierdie ouers is nie juis gretig om hul kinders te laat vermeng in staatskole nie. Tog was ek effens omgekrap oor ‘n ouer wat opgedaag het met sy Springboktrui, duidelik trots op die vlag wat soos ‘n seer vinger op die mou uitstaan.

Dit was heel toevallig dat ek in daardie stadium in gesprek was met iemand wat soos ek voel oor die saak. Die draer van daardie skandelike vlag blyk ‘n goeie kennis te wees van die persoon wat soos ek voel. Elkeen is geregtig op sy of haar mening, daarom dat ek die mening gelug het dat daardie vlagdraer my nie eers moet groet nie. Ek haat dit om ongeskik te wees met mense, dan kies ek soms om eerder myself te onttrek van die algemene geselskap. Eerder dit as ‘n luidrugtige uitbarsting.

Neelsie loop gereeld mense raak wat hom daarop wys dat ons mense oningelig is, en dat Neelsie nie so kwaai met hulle moet wees nie. Wel…ek is moeg vir daardie argument. As daar in hierdie moorddadige tye nog mense is wat nie besef wat om hulle aangaan nie, sal hulle seker ook nie agterkom as jy hul met vrot krewe gooi nie.

My slotsom? As mense oningelig is, is dit omdat hulle weier om die waarheid raak te sien. Wanneer mense daardie selfverkose oningeligtheid ‘n stappie verder neem, en die vlag waaronder hulle volksgenote uitgemoor word met trots dra, kan ek nie tot ‘n ander gevolgtrekking kom as dat hulle ten gunste van die huidige volksmoord is nie.

Boeregroete,

Kordaat Neelsie