Ek sien dit so!

Dis met groot moedeloosheid dat Neelsie ons volk se benarde situasie aanskou.

Terwyl ‘n volk besig is om dood te bloei, letterlik, wil dit tog voorkom of die teikens van hierdie volksmoord in ‘n groot mate die doelbewuste besluit geneem het om die waarheid te smoor.

Daar word gereeld geargumenteer dat mense oningelig is, en om daardie rede nie verantwoordelikheid hoef te aanvaar vir hul weiering om deel te neem aan die vryheidstryd nie. Om oningeligtheid te kies is die verkeerde besluit. Waarom is daar mense wat die moeite doen om te weet wat aangaan? Is jy reg vir die waarheid? Indien nie, moet asseblief nie verder lees nie.

Wanneer al die tekens duidelik om jou sigbaar is, en jy dit nie sien nie, kan daar slegs twee redes wees vir jou blindheid. Die eerste rede moet wees dat jy vasklou aan die hoop dat dinge vanself sal regkom. Die tweede rede kan niks anders wees as dat hierdie blindes die volksmoord indirek steun nie.

Dis harde woorde. Maar watter alternatiewe redes kan daar wees? Die daaglikse vernedering en vernieling van ons mense loop soos water van ‘n eend se rug af by die versoeningsbende. Ons moet kamstig nasie bou, Ek wonder hoeveel van hierdie blindes al ooit op grondvlak gekommunikeer het met die nasate van moorddadige volke. Het die geskiedenis hulle niks geleer nie?

As jy een van daardie mense is wat weier om uit die geskiedenis te leer, is dit seker te verstane dat jy ook sal weier om uit die hede te leer. Daar is ‘n donker wêreld daarbuite. Ek hoop jy maak vandag die regte keuses vir jou nageslag.

Sal jou kleinkinders na jou geslag verwys as die geslag wat agteroor gesit het terwyl vroue, kinders, bejaardes en mans afgeslag is?

Die alternatief is om vir jouself ‘n ruggraat aan te skaf en daadwerklik te begin stry vir jou nageslag se voortbestaan.

Die keuse om blind te bly is nie die regte keuse nie. Doen bietjie navorsing en maak oop jou oë. Dis dalk reeds te laat, maar eerder te laat as nooit!

Boeregroete,

Kordaat Neelsie