Ek sien dit so!

Terwyl die moorde en martelings op ons mense voortgaan, sal dit wys wees om onsself so goed as moontlik voor te berei.

Hoë mure, elektriese heinings en groot waghonde is bloot nie meer genoeg om moorddadige bendes te stuit nie. In enige stille oorlog is die element van verrassing die belangrikste wapen. Dit is hierdie wapen wat baie goed benut word deur ons huidige vyand. Nou moet ons daardie wapen teen hulle ook gebruik.

Neelsie wil graag ‘n paar voorstelle maak. Maak seker jou hele gesin woon ‘n selfverdedigingskursus by. Dit sal help om jou selfvertroue op ‘n vlak te kry waar jy lus sal wees om terug te veg wanneer jy aangeval word.

Wees paraat, moenie ligte aanskakel binne die vertrek vanwaar jy deur die venster wil kyk as jy iets buite hoor nie.

Maak seker jou tuingereedskap is toegesluit sodat jou aanvaller dit nie teen jou kan gebruik nie.

Indien jy ‘n selfverdedigingswapen het, dra dit altyd aan jou persoon. Of dit ‘n mes of ‘n vuurwapen is, beteken daardie wapen niks as hy nie by jou is tydens ‘n aanval nie.

Gesels met jou gesin oor wat elkeen se rol is in ‘n nood situasie. Orde in chaos mag dalk net julle lewens red.

Te veel mense kleef vas aan die gedagte dat dit nooit met hulle sal gebeur nie. Neelsie wonder hoeveel van ons vermoorde volksgenote ook aan hierdie gedagte vasgeklou het.

Gestel ons dink logies oor die onderwerp. Is dit meer moeite om voorbereid te wees as om ‘n geliefde te begrawe? Gister is verby, nou moet ons fokus op vandag en more. Begin dus vandag reeds met beplanning vir welke situasie ookal, neem dit ‘n stap verder en reël ‘n selfverdedigingskursus in jou area. Dit mag dalk die grootste guns wees wat jy kan bewys aan die mense vir wie jy omgee.

Raak betrokke by die vryheidstryd, wees paraat en verras jou vyand wanneer hy/hulle dit die minste verwag.

Boeregroete,

Kordaat Neelsie