E-tol begin eersdaags

Die ANC-regering het bekend gemaak dat die uiters omstrede e-tol in Sentraal Transvaal beslis voor die einde van 2013 in werking sal wees.

Die nuus is deur die nuwe Minister van Vervoer, Dipuo Peters, bekend gemaak, alhoewel sy die amptelike datum van inwerking treding nie kon gee nie.

Sy sê die amptelike datum sal eers bekend gemaak word nadat die president, Jacob Zuma, die groen lig gegee het.  

Zuma moet die Wysigingswetsontwerp op die Vervoerwet en sogenaamde verwante aspekte, bekragtig voor die stelsel begin kan word.

ANC woordvoerders sê die tolgeld sal nie baie wees nie. Sowat 80% van die verbruikers sal in die omgewing van R100 per maand betaal en ’n klein persentasie sal die maksimum van R450 per maand betaal.

Foto – Dipuo Peters