Dwelmsmous verloor alles

Elizabeth Motsepe, wat onskuldig bevind is aan dwelmhandel, is haar R1,2 miljoen kwyt en is deur die Staat verbeurd verklaar ten spyte daarvan dat die staat nie voldoende bewyse kon bied in die strafsaak nie.

Die Bate Beslagleggingseenheid het saamgestem met die beslissing van die Hooggeregshof in Pretoria dat die geld nie aan die vermeende oortreder behoort nie, en dus verbeur word omdat dit die opbrengs van misdaad is.

’n Polisieondersoek het R1,2 miljoen aan kontant in Motsepe se huis gevind tydens ’n klopjag toe hulle ook dagga by haar huis gevind het.

Sy het te kenne gegee dat sy die geld by haar oupa geërf het, en tydens ondervraging, het sy later beweer sy het die geld by ’n casino gewen.

Toe die polisie haar konfronteer dat die casino niks weet van haar nie, het sy terug geval op die eerste storie.

Intussen is vasgestel dat die oupa ’n gewone werker was, wat nie instaat sou wees om soveel geld op te pot nie

Die hof het geoordeel dat al die inligting daarop dui dat dit bekom is deur misdaad.