Dwelmhandelaar vasgetrap

’n Nigeriër, wat vermoedelik ’n dwelmhandelaar is, is vasgetrek nadat hy met versteekte dwelms in sy besit betrap is. Hy het  ook ’n stopteken geïgnoreer en boonop ’n ongeluk in Linden, Johannesburg, veroorsaak.

Twee SAPD lede, Walter Spencer en Sarel Bredenhand, het op die toneel afgekom naby ’n  Caltex-vulstasie in Wesstraat waar die voertuig gevind is.

Blykbaar het die Nigeriër verskeie houers wit poeier, wat soos dwelms “coke of Cat” lyk, by hom gehad. Aan die motor was “rocks” gevind, ’n dwelm wat byna soos “tik”  is, asook ’n aansienlike bedrag aan kontant.

“Hy het erken hy is ’n dwelmhandelaar en het die botsing veroorsaak,” het ’n woordvoerder van die polisie gesê.